Fra Angelico

Fra Angelico
Geboortenaam Guido di Pietro
Gebore omstreeks 1395
Rupecanina, Mugellostreek, Republiek van Florence
Sterf 18 Februarie 1455 (op die ouderdom van omtrent 59)
Veld Skilder, Freskowerk
Werke Aankondiging van Cortona
Fiesole Altaarstuk
San Marco Altaarstuk
Deposition of Christ
Niccoline-kapel
Beskermhere Cosimo de' Medici
Pous Eugenius IV
Pous Nicolaas V

Fra (geleen van die Latynse term "frater" ("broeder") of broeder Angelico (gebore as Guido di Pietro; omstreeks 1395[1] – 18 Februarie 1455) was 'n Italiaanse skilder van die vroeë Italiaanse Renaissance wat deur Vasari in sy Lewens van die uitmuntendste Italiaanse argitekte, skilders en beeldhouers beskryf is as iemand wat oor " 'n rare en perfekte talent" beskik.[2] Sy reputasie is hoofsaaklik te danke aan die reeks fresko's wat hy vir sy eie klooster, San Marco in Florence, geskilder het.[3]

Hy het onder sy tydgenote bekendgestaan as Fra Giovanni da Fiesole (Broeder Johannes van Fiesole) en as Fra Giovanni Angelico. In moderne Italiaans word hy Beato Angelico genoem.[4]

In 1982 het Pous Johannes Paulus II hom as heilige geproklameer,[5] en ter erkenning van die heiligheid van sy lewe sodoende die titel die "Geseënde" amptelik gemaak. Fiesole word soms verkeerd geïnterpreteer as deel van sy formele naam, maar dit was bloot die naam van die stad waar hy sy gelofte as Dominikaanse monnik aangeneem het. [6] Dit is deur tydgenote gebruik om hom te onderskei van andere wat ook bekend gestaan het as Fra Giovanni. Hy word gelys as 'n Roomse martelaar onder die naam [7] Beatus Ioannes Faesulanus, cognomento Angelicus- dit wil se die Salige Giovanni van Fiesole.

Vasari het oor Fra Angelico geskryf dat "dit onmoontlik is om hierdie heilige vader te veel lof toe te swaai; hy wat so nederig en beskeie in alles wat hy gedoen en gesê het was; en wie se skilderye met so 'n uiterste vroomheid geskilder is." [2]

  1. Metropolitan Museum of Art
  2. 2,0 2,1 Giorgio Vasari, Lives of the Artists. Penguin Classics, 1965.
  3. Norwich, John Julius (1990). Oxford Illustrated Encyclopedia Of The Arts. USA: Oxford University Press. p. 16. ISBN 978-0198691372.
  4. Andrea del Sarto, Raphael en Michelangelo is ook "Beato" deur hul tydgenote genoem omdat hul vaardighede gesien is as geskenke wat vanaf God ontvang is
  5. Bunson, Matthew; Bunson, Margaret (1999). John Paul II's Book of Saints. Our Sunday Visitor. p. 156. ISBN 0-87973-934-7.
  6. Rossetti 1911, p. 6.
  7. Roomse Martelaarskap - die amptelike publikasie wat alle heiliges en geseëndes insluit wat deur die Rooms-Katolieke Kerk erken word.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search